Paralimpiese Winterspele 1992

Ve Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 1992

Gehou in Tignes-Albertville, Frankryk
Deelnemende lande 24
Deelnemende atlete 365 (288 mans, 77 vroue)
Items 79 in 3 sporte
Openingseremonie 25 Maart 1992
Sluitingseremonie 2 April 1992
Amptelik geopen deur President François Mitterrand
Atlete-eed Ludovic Rey Robert
Beampte-eed
Olimpiese vlam Luc Sabatier
Vorige Spele 1988: Innsbruck (Oostenryk)
Volgende Spele 1994: Lillehammer (Noorweë)

Die Paralimpiese Winterspele 1992 (Frans: Les Ve Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 25 Maart en 2 April 1992 in Tignes-Albertville, Frankryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 365 atlete uit 24 nasies aan 79 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die vyfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste, wat op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is, asook die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.

Die Olimpiese Winterspele 1992 is tussen 8 en 23 Februarie in Albertville gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1992 is tussen 3 en 14 September in Barcelona aangebied, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid aangbied is.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy